Numeri 19:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. “Wanneer 'n persoon op hierdie manier onrein geword het, moet iemand van die as vat van die sondeoffer wat verbrand is, dit in 'n pot sit en vars water daaroor gooi.

18. Dan moet iemand wat rein is, 'n hisoptakkie in die water doop en die water sprinkel oor die tent, oor al die gebruiksvoorwerpe en oor die mense wat by was. Dieselfde moet gebeur met iemand wat aan doodsbene geraak het of aan die lyk van iemand wat doodgemaak is of aan iemand wat gewoon gesterf het of aan 'n graf.

19. 'n Rein persoon moet op die derde en die sewende dag die water oor die onreine sprinkel, en op die sewende dag moet die onreine homself reinig. Daarna moet hy sy klere was en hom bad, dan sal hy teen die aand rein wees.

Numeri 19