6. Moses het toe met die Israeliete gepraat, en hulle leiers het vir hom twaalf kieries gegee, een vir die leier van elkeen van die twaalf stamme. Aäron se kierie was ook onder hulle.
7. Moses het toe die kieries neergesit in die tent met die getuienis, in die teenwoordigheid van die Here.
8. Toe Moses die volgende môre by die tent met die getuienis kom, was daar botsels aan die kierie van Aäron, wat daar was vir die stam Levi. Trouens, daar was nie net botsels aan nie, daar was ook bloeisels en dit het selfs ryp amandels gedra.
9. Moses het toe al die kieries wat in die heiligdom was, na Israel toe uitgebring, en hulle het dit gesien, en elke leier het sy eie kierie gevat.