9. uit Sebulon: Eliab seun van Gelon;
10. uit die nageslag van Josef, uit Efraim: Elisama seun van Ammihud, en uit Manasse: Gamliël seun van Pedasur;
11. uit die stam Benjamin: Abidan seun van Gidoni;
12. uit Dan: Agiëser seun van Ammi-Saddai;
13. uit Aser: Pagiël seun van Okran;
14. uit Gad: Eljasaf seun van Reüel;
15. uit Naftali: Agira seun van Enan.”
16. Hulle was die manne wat uit die vergadering aangewys is, leiers van die stamme van hulle voorvaders en stamhoofde van Israel.
17. Moses en Aäron het hierdie manne wie se name genoem is, laat kom.
18. Op die eerste dag van die tweede maand het hulle toe die hele volk bymekaargeroep. Daarna het elke weerbare man sy afkoms volgens stam en familie opgegee, almal van twintig jaar en ouer.
19. Moses het hulle in die Sinaiwoestyn getel, soos die Here hom beveel het.
47. Die Leviete is nie as afsonderlike stam bygetel nie.
48. Die Here het naamlik vir Moses gesê:
49. “Die stam Levi moet jy nie tel nie en hulle getal moet jy nie by dié van die Israeliete voeg nie.
50. Jy moet die Leviete aanstel om toesig te hou oor die tabernakel met die getuienis, oor al sy gereedskap en al sy toebehore. Hulle moet die tabernakel en sy gereedskap dra; net húlle moet daarmee werk; en hulle moet hulle tente rondom die tabernakel opslaan.
51. As die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit uitmekaarhaal; en as dit opgeslaan moet word, moet hulle dit opslaan. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om te help, moet doodgemaak word.
52. “Die ander stamme van Israel moet hulle tente opslaan, elke stam op sy eie staanplek, rondom sy eie vaandel, ingedeel by sy eie leërafdeling,