1. Sekere mense en hulle vrouens het 'n ernstige klag teen hulle Judese volksgenote ingebring.
2. Party het gesê: “Ons, ons seuns en ons dogters is baie. Ons moet koring in die hande kry om te eet en te lewe.”
3. Party het gesê: “Ons moes vanweë die hongersnood ons lande, ons wingerde en ons huise verpand om koring in die hande te kry.”