28. Die sangers is bymekaargebring uit die omgewing van Jerusalem, uit die Netofanedersettings,
29. uit Bet-Gilgal en uit die boerderygebiede van Geba en Bet-Asmawet. Die sangers se nedersettings was almal om Jerusalem gebou.
30. Die priesters en die Leviete het eers hulleself gereinig en daarna die volk, die poorte en die muur.
31. Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim en toe twee groot kore saamgestel. Die een het ek suid op die muur langs laat gaan tot by die Vullispoort.
32. Agter hulle het Hosaja en die helfte van die gesagvoerders van Juda geloop,
33. en verder Asarja, Esra, Mesullam,
34. Juda en Benjamin, Semaja en Jeremia,
35. 'n aantal priesters met trompette, Sagaria seun van Jonatan, seun van Semaja, seun van Mattanja, seun van Miga, seun van Sakkur, seun van Asaf,
36. en sy ampsgenote Semaja, Asarel, Milalai, Gilalai, Maäi, Netanel, Juda en Ganani met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God. Esra die skrifgeleerde was voor hulle.