Nahum 1:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Berge bewe voor Hom,heuwels wankel;die aarde, die wêreld en almal wat daarin woon,deins terug wanneer Hy verskyn.

6. Wie kan bly staan voor sy woede?Wie kan sy gloeiende toorn weerstaan?Sy gramskap breek deur soos 'n veldbrand.Rotse word voor Hom uit uitmekaar gebreek.

7. Die Here is goed,Hy is 'n toevlug in tyd van nood,Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.

8. Maar met 'n vloed wat alles meesleur,vee Hy die plek weg waar Nineve lê,jaag Hy sy vyande die duisternis in.

9. Wat julle ook al teen die Here bedink,Hy maak dit tot niet.Daar sal nie weer verdrukking wees nie.

Nahum 1