3. Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.
4. Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
5. Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.
6. Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het.