2. en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”
3. Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld.
4. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word.
5. Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe:
6. “En jy, Betlehem, gebied van Juda,jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie.Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.”