Matteus 17:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Die dissipels vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elia eers moet kom?”

11. “Elia kom wel om alles weer reg te maak,” antwoord Hy,

12. “maar Ek sê vir julle Elia het al gekom, maar hulle het hom nie herken nie en met hom gemaak net wat hulle wou. So sal ook die Seun van die mens deur hulle mishandel word.”

13. Toe het die dissipels verstaan dat Hy met hulle van Johannes die Doper gepraat het.

14. Toe hulle weer by die mense kom, het 'n man voor Hom kom kniel

15. en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water.

16. Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”

17. “Ongelowige en ontaarde geslag,” het Jesus gesê, “hoe lank moet Ek nog saam met julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier vir My!”

Matteus 17