Matteus 15:37-39 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. Almal het geëet en genoeg gekry. En die dissipels het nog sewe mandjies vol bymekaargemaak van die stukke wat oorgebly het.

38. Daar was vier duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.

39. Daarna het Hy die mense huis toe gestuur, in die skuit geklim en na die gebied van Magadan vertrek.

Matteus 15