24. Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.”
25. Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!”
26. Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.”
27. “Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.”
28. “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.”Van daardie oomblik af was die dogter gesond.
29. Jesus het daarvandaan vertrek en by die See van Galilea gekom. Hy het teen die berg opgegaan en daar gaan sit.
30. Baie mense het na Hom toe gekom met verlamdes, blindes, gebreklikes, dowes en nog baie ander, en hulle voor Hom neergesit. Hy het hulle gesond gemaak,
31. sodat die menigte hulle verwonder het toe hulle sien dat stommes praat, gebreklikes herstel is, verlamdes loop en blindes sien. En hulle het die God van Israel geprys.