Markus 6:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op 'n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het.

6. Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense.Daarna het Hy by die dorpies in die omtrek rondgegaan en die mense daar geleer.

7. Jesus het die twaalf nader geroep en hulle twee-twee begin uitstuur. Hy het aan hulle mag oor onrein geeste gegee.

8. Verder het Hy hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te vat nie, net 'n kierie — geen kos, geen reissak, geen geld in die beursie nie.

9. Hulle moes wel skoene aantrek maar nie nog 'n kledingstuk saamvat nie.

10. Daarby het Hy vir hulle gesê: “Waar julle in 'n plek kom en in 'n huis ontvang word, bly daar totdat julle van die plek af weggaan.

11. En as 'n plek julle nie wil ontvang en die mense nie na julle luister nie, gaan dan daarvandaan weg en skud selfs die stof onderaan julle voete af as aanklag teen hulle.”

Markus 6