Markus 4:37-41 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het.

38. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”

39. Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!”Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.

40. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”

41. Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”

Markus 4