Markus 3:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. As mense wat van onrein geeste besete was, Hom sien, het hulle voor Hom neergeslaan en geskreeu: “U is die Seun van God!”

12. Maar Hy het hulle baie uitdruklik belet om bekend te maak wie Hy is.

13. Jesus het teen die berg opgegaan en dié wat Hy wou hê, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom.

14. Hy het toe twaalf, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek.

15. Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe.

16. Hy het hierdie twaalf aangestel: Petrus, soos Hy Simon genoem het,

17. Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus — vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder” —

18. Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër,

Markus 3