Markus 14:70-72 Afrikaans 1983 (AFR83)

70. Maar hy het dit weer ontken.'n Rukkie later het dié wat daar by gestaan het, vir Petrus gesê: “Werklik, jy is een van hulle, want jy is mos ook 'n Galileër.”

71. Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Daardie man van wie julle praat, ken ek nie.”

72. En onmiddellik het die haan 'n tweede keer gekraai. Dit het Petrus toe bygeval wat Jesus vir hom gesê het: “Voordat die haan 'n tweede keer kraai, sal jy My drie keer verloën.”En hy het in trane uitgebars.

Markus 14