Levitikus 15:25-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. “As 'n vrou 'n bloedvloeiing het buite haar menstruasietyd of as die bloedvloeiing tydens menstruasie abnormaal lank aanhou, is sy onrein solank die bloedvloeiing duur.

26. Net soos met menstruasie is enige bed waarop sy lê of enigiets waarop sy gedurende dié tyd sit, onrein.

27. Elkeen wat daaraan raak, is onrein. Hy moet sy klere was en hom bad en hy is die res van die dag onrein.

28. Wanneer die bloedvloeiing ophou, moet sy sewe dae wag voordat sy rein verklaar kan word.

Levitikus 15