Kolossense 4:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Ek kan van hom getuig dat hy baie vir julle doen asook vir die gelowiges in Laodisea en in Hiërapolis.

14. Lukas, die dokter wat ek baie lief het, en Demas stuur vir julle groete.

15. Dra my groete oor aan die gelowiges in Laodisea en aan Nimfa en die gemeente wat gereeld in haar huis bymekaarkom.

16. Wanneer hierdie brief klaar by julle voorgelees is, moet julle reëlings tref dat dit ook in die gemeente van die Laodisense voorgelees kan word; en die een wat van Laodisea af sal kom, moet ook by julle voorgelees word.

17. En sê vir Argippus: “Gee jou aandag aan die taak wat jy in diens van die Here aanvaar het, sodat jy dit kan voltooi.”

18. Nou skrywe ek met my eie hand. Groete, Paulus.Dink aan my waar ek hier gevange sit.Die genade sal by julle wees.

Kolossense 4