Kolossense 3:6-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.

7. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het.

8. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie,

9. en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek

10. en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.

11. Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.

Kolossense 3