17. Voor alles was Hy al daar,en deur Hom bly alles in stand.
18. Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk.Hy is die oorsprong daarvan,Hy is die Eerste,die Een wat uit die dood opgestaan het,sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.
19. God het besluitom met sy volle wese in Hom te woon
20. en om deur Hom allesmet Homself te versoen.Deur die bloed van sy Seun aan die kruishet Hy die vrede herstel,deur Hom het Hy alles op die aardeen in die hemel met Homself versoen.
21. Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.
22. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.