Josua 15:11-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. en met die noordelike hang van Ekron langs. Dan draai die grens na Sikaron toe en loop oor Baälaberg na Jabne toe, waarna dit teen die see doodloop.

12. Die westelike grens is die kus van die Groot See.Dit is die grense rondom die gebied van die families in die stam Juda.

13. Aan Kaleb seun van Jefunne het Josua, soos die Here hom beveel het, 'n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda, naamlik Kirjat-Arba, dit is Hebron. Arba was die voorvader van die Enakiete.

14. Kaleb het die Enakiete Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf, al drie Enakskinders.

15. Daarvandaan het Kaleb die mense van Debir gaan aanval. Debir se naam was voorheen Kirjat-Sefer.

Josua 15