Johannes 8:28-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Daarna sê Jesus vir hulle: “Eers wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is, en dat Ek niks uit my eie doen nie, maar net verkondig wat die Vader My geleer het.

29. Hy wat My gestuur het, is by My. Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil.”

30. Terwyl Hy hierdie dinge gesê het, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom.

31. Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels;

32. en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

33. Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?”

34. Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde.

35. 'n Slaaf bly nie vir altyd by 'n huisgesin nie; 'n seun bly vir altyd.

36. Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees.

Johannes 8