Johannes 4:39-45 Afrikaans 1983 (AFR83)

39. Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.”

40. Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly.

41. Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het;

42. en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.”

43. Ná die twee dae het Jesus daarvandaan na Galilea toe gegaan.

44. Hy het self verklaar dat 'n profeet nie in sy eie land geëer word nie,

45. maar toe Hy in Galilea kom, het die Galileërs Hom verwelkom. Hulle het alles gesien wat Hy gedurende die feesvierings in Jerusalem gedoen het, want hulle was self ook by die paasfees.

Johannes 4