Joël 2:17-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Die priesters wat in die diens van die Here staan,moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil,hulle moet sê:“Betoon medelye met u volk, Here,moenie die volk wat aan U behoort, tot 'n bespotting maak,sodat die nasies met hulle sal spot nie.Waarom moet daar onder die volke gevra word:Waar is Israel se God?”

18. Die Here het vir sy land opgekom,Hy het medelye betoon met sy volk.

19. Die Here het sy volk geantwoord:Ek stuur vir julle koring en wyn en olie.Julle sal oorgenoeg hê.Ek sal julle nie weer tot 'n bespottingonder die nasies maak nie.

20. Hierdie vyand uit die noorde sal Ek wegvat van julle af,Ek sal hom wegjaag na 'n droë en verwoeste land toe,sy voorpunt sal in die Dooie See belanden sy agterhoede in die Middellandse See.Sy stank sal opstyg,sy slegte reuk sal versprei,want hy het hom groot gehou.

21. Jy moenie bang wees nie, ploegland,jy moet bly wees en juig,want die Here het 'n wonder gedoen.

Joël 2