Job 8:4-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. As jou kinders teen Hom gesondig het,het Hy hulle vir hulle oortredings gestraf.

5. As jy na die wil van God vraen die Almagtige om genade smeek,

6. as jy vlekkeloos is en reg het,sal Hy jou weer in sy sorg neemen jou gesond in jou huis terugbring.

7. Die vermoë wat jy besit het, sal niks weesteen die rykdom wat jy later sal besit nie.

8. Vra na die bevindings van die voorgeslagte,rig jou na die insigte van die voorvaders,

9. want ons is maar net van gister, ons weet niks,ons dae is so vlugtig soos 'n skaduwee op die grond.

Job 8