27. en 'n droë, dor land deurnat word,sodat daar groen gras uitspruit?
28. Het die reën 'n vader?Wie het die doudruppels in die wêreld gebring?
29. Wie bring die ys te voorskyn?Wie bring die ryp in die wêreld?
30. Die water word so hard soos klip,selfs die oppervlakte van die diepsee verys.
31. Sou jy die Sewester met 'n band kon vasknoopof die band van Orion kon losmaak?
32. Kan jy die sterre op hulle tyd laat opkom,kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom?