14. Met die daeraad word die vorm van die aarde sigbaar,dit neem vorm aan soos klere wat aangetrek word.
15. Dan word die goddeloses hulle bestaan ontneemen word hulle geweld beëindig.
16. Het jy, Job, al gekom by die plek waar die seewater uitborrel,en rondgestap op die bodem van die diepsee?
17. Het jy die ingang van die doderyk gesien,die plek van donkerte al bekyk?
18. Kan jy 'n beeld vorm van die groot wye wêreld?Praat as jy iets daarvan weet.
19. Hoe loop die pad na die plek waar die lig woon?En die donkerte, waar is sy woonplek?