Job 19:14-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. my familie het my verlaat,my bloedverwante het my vergeet.

15. My huismense en my slavinne beskou my as 'n vreemdeling,ek het vir hulle soos 'n uitlander geword.

16. Ek roep my slaaf, maar hy antwoord my nie,selfs al smeek ek hom.

17. My asem walg my vrou,ek ruik sleg vir my eie broers.

18. Selfs kindertjies minag my,as ek wil opstaan, spot hulle my.

19. Al my vertrouelinge verafsku my,dié wat ek liefhet, het teen my gedraai.

20. Ek is net vel en been,al my tande het uitgeval.

21. Kry my tog jammer, my vriende, kry my tog jammer!Die hand van God het my swaar getref.

Job 19