Job 18:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. “Die goddelose se lig sal beslis uitgedoof word,die vlam van sy vuur sal ophou brand,

6. die lig in sy huis sal doodgemaak worden die lamp langs hom uitgedoof word.

7. Sy kragtige treë sal al onsekerder word,sy slim planne sal hom tot 'n val bring.

8. Hy sal aan sy voete gevang word deur 'n strik,hy sal in 'n valstrik inloop.

9. 'n Wip sal hom aan die hakskeen vang,'n vangnet sal hom vasgryp.

Job 18