Jesaja 64:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Ons het almal geword soos mense wat onrein is,ons beste dade is soos vuil klere;ons is almal soos verdroogde blare,ons word deur ons sondes weggewaai soos deur 'n wind.

7. Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie,niemand wat sy krag in U soek nie.U het ons aan onsself oorgelaat,U laat ons wegkwyn deur ons sondes.

8. U is ons vader, Here,ons is klei en U het ons gevorm,ons is almal die werk van u hande.

9. Moet tog nie aanhou kwaad wees vir ons nie, Here,moenie ons sonde vir altyd teen ons hou nie,onthou tog ons is almal u volk.

10. U heilige stad het 'n woestyn geword:Sion het 'n woestyn geword,Jerusalem is onbewoonbaar.

11. Ons heilige en pragtige tempelwaar ons voorouers U geloof het,is deur vuur verwoes,alles wat vir ons dierbaar was, lê in puin.

12. Raak hierdie dinge U dan nie, Here?Gaan U nie ingryp nie?Gaan U aanhou om ons te laat ly?

Jesaja 64