Jesaja 51:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Luister na My, julle wat doen wat reg is,volk in wie se hart my wet is,moenie bang wees vir die spot van mense nie,moenie skrik as hulle julle beledig nie.

8. Hulle is soos lap wat deur motte gevreet word,soos wol wat deur vismotte verniel word.Maar die redding wat Ek bring, sal vir altyd wees,die verlossing wat Ek bewerk, sal daar wees vir elke geslag.

9. Gryp in, Here, gryp in!Toon u mag, u krag!Gryp in soos in die ou tyd,soos in tye lank gelede.Is dit dan nie U wat vir Rahab verslaan het nie,wat die seemonster deurboor het nie?

10. Is dit nie U wat die see,die groot diep waters laat opdroog het nie,U wat op die seebodem 'n pad gemaak hetsodat dié wat verlos is, kon deurgaan nie?

11. Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer,hulle sal juigend in Sion aankom,hulle sal altyd straal van blydskap,hulle sal vol vreugde en blydskap wees,ellende en smart sal verdwyn.

12. Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle.Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens,vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras?

Jesaja 51