Jesaja 47:13-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Jy het jou moeg gemaak met jou baie voortekens.Laat jou voorspellers nou optree,laat hulle jou help,hulle wat die hemel opdeelen die sterre bekyk,hulle wat elke maand bekend maakwat oor jou gaan kom.

14. Maar hulle het soos stoppels geword,hulle gaan verbrand.Hulle kan hulleself nie red van die vlamme nie.Daar bly nie eens kole oor om jou by warm te maak nie,'n vuur om by te sit nie.

15. Dit is wat jy het aan dié met wie jy jou ophou,met wie jy jou van jongs af inlaat.Hulle het almal gedwaal,daar is niemand wat jou kan red nie.

Jesaja 47