Jesaja 45:4-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Ter wille van my dienaar Jakob,van Israel wat Ek uitverkies het,het Ek jou op jou naam geroep,gee Ek jou 'n eretitel hoewel jy My nie ken nie.

5. Ek is die Here, daar is geen ander nie,buiten My is daar geen God nie.Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie.

6. Ek doen dit sodat elkeen van die ooste aftot in die weste kan weetdat daar buiten My geen God is nie;Ek is die Here, daar is geen ander nie.

7. Ek maak die lig en skep die donker;Ek gee voorspoed en skep rampspoed.Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.

Jesaja 45