Jesaja 44:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die ambagsman wat hout gebruik, meet met sy maatlynen merk die beeld se buitelyne af.Hy bewerk hom met beitelsen trek sy mate met 'n passer af.Hy maak hom in die vorm van 'n mens,'n pragtige mens wat in 'n huis moet woon.

14. Die ambagsman kap vir hom seders af,of hy kies sipresse of eikeen laat hulle groot word in die bos,of hy plant 'n lourierboom,en die reën laat dit groot word.

15. Dit dien as vuurmaakhout vir die mens;iemand vat daarvan en maak hom warm,of hy maak 'n vuur om brood te bak,of hy maak 'n god en aanbid dit,hy maak 'n beeld en buig daarvoor.

16. 'n Deel van die hout verbrand hy:hy maak kos daarmee gaar,hy braai vleis en eet tot hy genoeg het;hy maak hom ook warm en sê: “Dis lekker!Ek is warm, ek geniet die vuur!”

17. Van die hout wat oorbly, maak hy 'n god, 'n beeld,hy buig voor hom en aanbid hom,hy bid tot hom en sê: “Red my, want jy is my god!”

18. Sulke mense weet nie wat hulle doen nie,hulle het nie insig nie,hulle oë is toegepleister, hulle sien nie,niks dring tot hulle verstand deur nie.

Jesaja 44