Jesaja 41:13-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Ek is die Here jou God,Ek vat jou hand,Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie,Ék help jou.

14. Moenie bang wees nie,al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob,al is jy klein, Israel.Ék help jou, sê die Here jou Verlosser,die Heilige van Israel.

15. Ek maak jou 'n skerp dorsslee, 'n nuwe met baie tande;jy sal berge dors en fynmaal,jy sal van rante kaf maak.

16. Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegwaai,die stormwind sal hulle verstrooi;dan sal jy jubel in die Here,jy sal roem in die Heilige van Israel.

17. Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie;hulle versmag van dors.Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor,Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

18. Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring,en in die laagtes fonteine laat uitborrel.Ek sal woestyngebied in rietvlei verander,dor land in fonteinwêreld.

19. Ek sal in die woestyn seders laat groei,doringbome, mirte en olyfbome.Ek sal in die barre wêreld sipresse laat groeisaam met platane en denne.

Jesaja 41