Jesaja 41:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Jy sal dié soek wat teen jou veg,maar hulle sal nêrens te vinde wees nie;dié wat teen jou oorlog maak,sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie.

13. Ek is die Here jou God,Ek vat jou hand,Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie,Ék help jou.

14. Moenie bang wees nie,al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob,al is jy klein, Israel.Ék help jou, sê die Here jou Verlosser,die Heilige van Israel.

15. Ek maak jou 'n skerp dorsslee, 'n nuwe met baie tande;jy sal berge dors en fynmaal,jy sal van rante kaf maak.

16. Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegwaai,die stormwind sal hulle verstrooi;dan sal jy jubel in die Here,jy sal roem in die Heilige van Israel.

Jesaja 41