Jesaja 37:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. sê hy vir hulle: “Julle moet vir julle koning sê: So sê die Here: Moenie bang wees oor wat jy gehoor het, hoe die amptenare van die koning van Assirië My gelaster het nie.

7. Ek gaan hom onrustig maak sodat hy na sy land toe terug sal gaan wanneer hy 'n berig daarvandaan kry. Ek sal hom in sy eie land laat doodmaak.”

8. Toe die hoofadjudant hoor dat die koning van Assirië weg is van Lakis af, het hy teruggegaan. Hy het die koning aangetref waar hy met 'n aanval op Libna besig was.

9. Daar het die koning berig gekry dat koning Tirhaka van Kus op pad is om hom aan te val. Toe die koning van Assirië dit hoor, het hy gesante na Hiskia toe gestuur met die boodskap:

Jesaja 37