Jesaja 35:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Daar sal 'n grootpad deur die woestyn loopen dit sal bekend staan as die gewyde pad.Onrein mense sal nie daarop loop nie,dit sal net wees vir mense wat reg lewe;dwase sal nie meer op die pad kom nie.

9. Daar sal nie leeus op die pad wees nie,daar sal nie roofdiere op loop nie,hulle sal glad nie daar kom nie.Net die mense wat deur die Here gered is,sal die pad gebruik.

10. Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer,hulle sal juigend in Sion aankom,hulle sal altyd straal van blydskap,hulle sal vol vreugde en blydskap wees;ellende en smart sal verdwyn.

Jesaja 35