Jesaja 30:26-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Dié dag wanneer die Here die wonde van sy volk verbinden die seerplekke genees waar Hy hulle geslaan het,sal die maan so helder skyn as die sonen die son sewe maal so helder as die lig van sewe dae saam.

27. Die Here verskyn uit die verte;sy toorn breek los, onweer dreig;as Hy praat, is dit vol gramskap,sy woorde is vlamme van vuur.

28. Sy asem is 'n siedende stroomwat mense meesleur.Hy kom om die nasies te sif in 'n fyn sif,om vir hulle 'n toom aan te sit en hulle weg te lei.

29. Maar julle sal singsoos in die nag voor 'n fees,julle sal vrolik weessoos wanneer mense met fluitspel begin loopna die berg van die Here toe,na die Rots van Israel toe.

30. Die Here sal sy magtige stem laat hoor,Hy sal sy krag openbaarin gloeiende toorn, verterende vuur,storm, onweer en hael.

Jesaja 30