Jesaja 29:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir Ariël, Ariël, die stadwat deur Dawid beleër is.Laat die jare maar op mekaar volg,laat die feestye hulle verloop neem,

2. Ek sal Ariël beleëren daar sal ellende op ellende in hom wees,hy sal vir My 'n vuurmaakplek wees.

3. Ek sal jou van alle kante af beleër,Ek sal wagposte inrig rondom jouen beleëringswalle teen jou opgooi.

Jesaja 29