Jesaja 26:4-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Vertrou altyd op die Here,want die Here God is 'n veilige toevlug.

5. Hy bring dié wat in hoë vestings woon, af grond toe,Hy gooi hulle hoë stadsmure om,Hy maak dit gelyk met die gronden laat lê dit in die stof.

6. Hulle sal onder die voete vertrap word,onder die voete van onderdruktes;die armes sal op hulle trap.

7. Die pad van die regverdige is reguit,U maak sy pad gelyk.

8. Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U.Ons wil u Naam eer en U aanroep.

9. In die nag smag ek na U,in die môre vra ek na u wil.Wanneer U die aarde straf,leer sy inwoners wat geregtigheid is.

10. Daar word goed gedoen aan die goddeloses,maar hulle leer nie wat geregtigheid is nie,hulle verdraai die regen erken nie die mag van die Here nie.

11. U staan gereed om hulle te straf, Here,maar hulle steur hulle nie daaraan nie.Laat hulle ondervind dat U vir u volk opkom:laat die pogings van hierdie teëstanders van U misluk,laat vuur hulle verteer.

Jesaja 26