Jesaja 21:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. My volk, jy wat vertrap is op die dorsvloer,ek het vir jou gesê wat die Here vir my gesê het,die Almagtige, die God van Israel.

11. 'n Uitspraak van die Here teen Duma:Iemand roep na my van Seïr af:“Wag, wanneer is die nag verby?Wag, wanneer is die nag verby?”

12. Die wag antwoord:“Die môre het gekom, maar dit is nog nag.As julle weer wil kom vra, kom vra gerus,julle kan elke keer weer kom vra.”

13. 'n Uitspraak van die Here teen Arabië:Handelaars van Dedan,julle wat in die bosse van Arabië oornag,

Jesaja 21