11. Ek sal die land straf oor sy boosheid,die goddeloses vir hulle sonde.Ek sal 'n einde maak aan die hoogmoed van die vermeteles,Ek sal dié wat hoogmoedig en verwaand is, verneder.
12. Ek sal mense skaarser maak as suiwer goud,skaarser as die goud uit Ofir.
13. Ek sal die hemel skud,die aarde sal uit sy plek uit geruk word,Ek, die Here die Almagtige, doen dit in my gramskapdie dag wanneer my toorn ontvlam.
14. Soos 'n ribbok wat opgejaag is,soos 'n skaap wat nie opgepas word nie,so sal die mense uit Babel padgee,elkeen na sy eie volk toe,so sal elkeen na sy eie land toe vlug.