Jeremia 48:8-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Die verwoester pak elke stad,nie een kom vry nie.Die Jordaanvallei gaan tot niet,die hoogvlakte word verwoes,want die Here het gepraat.

9. Laat Moab vlug,want die land lê in puin.Sy stede lê verlate, sonder inwoners.

10. Daar rus 'n vloek op elkeen wat traag isom die werk te doen wat die Here hom gegee het,op elkeen wat sy swaard nie vrylikbloed laat vergiet nie.

11. Moab sit van sy jeug af rustig,so ongestoord soos wyn op sy afsaksel,wyn wat nie van een kruik in 'n ander oorgegooi is nie.Hy is nooit in ballingskap weggevoer nie;sy smaak het dieselfde gebly,sy geur het nie verander nie.

Jeremia 48