10. Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob,moenie skrik nie, Israel, sê die Here.Ek red jou uit plekke wat ver weg is,jou nakomelinge uit die land waar hulle ballinge is.Jakob sal weer veilig wees en vrede hê,niemand sal hom laat bang word nie.
11. Ek is by jou, sê die Here,Ek sal jou red!Ek sal al die nasies uitwisonder wie Ek jou verstrooi het,maar Ek sal jou nie uitwis nie.Ek sal jou nie ongestraf laat nie,maar Ek sal jou regverdig straf.
12. So sê die Here:Jou wond is ongeneeslik,jou siekte dodelik.
13. Niemand kan jou saak stel nie;daar is nie 'n raat vir jou sweer nie.
14. Almal wat jou liefgehad het, het jou vergeet,hulle gee nie vir jou om nie.Ek het jou geslaan soos 'n vyand dit sou doen:Ek het jou wreed gestraf,want jou ongeregtigheid is groot,jou sondes baie.