Jeremia 26:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Kort nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het, het hierdie woord van die Here gekom:

2. So sê die Here: Gaan staan in die voorhof van die huis van die Here en praat met al die mense wat uit al die stede van Juda kom om in die huis van die Here te aanbid. Jy moet alles wat Ek jou beveel, vir hulle sê. Jy mag nie 'n enkele woord weglaat nie.

Jeremia 26