Jeremia 25:34-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

34. Huil, herders, roep om hulp,rol in die stof, leiers van die kudde!Die dag het gekom dat julle geslag word.Julle sal tot 'n val kom.Ek sal julle stukkend slaan al is julle soos kosbare erdewerk.

35. Daar sal nie vir die herders 'n plek weeswaarheen hulle kan vlug nie,die leiers van die kudde sal nie kan ontsnap nie.

36. Luister hoe skreeu die herders,hoe huil die leiers van die kudde,want die Here vernietig hulle weiveld.

37. Die weivelde waar daar vrede was,word uitgewis deur die gloeiende toorn van die Here.

38. Die herder sal sy hut verlaatsoos die leeu van sy lêplek af padgee.Hulle land sal verlate wees.Die toorn wat alles platvee,die gloeiende toorn van die Here sal dit alles doen.

Jeremia 25