11. So moet julle vir hulle sê:“Die gode wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie,sal van die aarde af verdwyn onder die hemel uit.”
12. Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het,wat met sy wysheid die wêreld gevestig heten met insig die hemel oopgesprei het.
13. Wanneer Hy sy stem laat hoor, druis die water in die hemel;Hy laat die mis opstyg van die eindes van die aarde af,Hy laat die weerlig slaan wanneer dit reën,Hy laat die wind uit sy voorraadskure uitkom.
14. Dan sien elke mens hoe dom,hoe sonder kennis, hy is;dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld,want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie.
15. Hulle is nikswerd gode, voorwerpe van spot,hulle vergaan as die tyd van afrekening kom.
16. Die God van Jakob is nie soos hulle nie,Hy is die Skepper van alles en almal.Israel is die volk wat aan Hom behoort.Die Here die Almagtige is sy Naam.