Jakobus 2:20-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Jou dwaas, wil jy 'n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is?

21. Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie?

22. Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.

23. So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is 'n vriend van God genoem.

24. Julle sien dus dat 'n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie.

25. Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met 'n ander pad laat ontkom het nie?

26. 'n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.

Jakobus 2