Hosea 8:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Maak alarm! Daar draai 'n roofvoël oor my huis! sê die Here. Israel het my verbond verbreek en hulle teen my wil verset.

2. Hulle roep na My om hulp: “Ons is aan U toegewy, ons God! Ons is Israel.”

3. Maar Israel het die goeie verwerp, daarom sal die vyand hom agtervolg.

Hosea 8