Hooglied 8:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. “Sy linkerarm is onder my kop,sy regterarm omhels my!

4. Ek smeek julle, vroue van Jerusalem,wat is dit dat julle die liefde wakker maak en aanvuurvoordat die tyd daarvoor ryp is?”

5. “Wie is dit wat daar uit die woestyn uit komterwyl sy leun op die man wat sy liefhet?”“Ek het jou wakker gemaak onder 'n appelboom,daar waar jou ma swanger geword het,waar sy wat jou in die wêreld gebring het, swanger geword het.

6. Hou my teen jou soos die seëlring op jou bors,soos die seëlring aan jou arm.Die liefde is sterker as die dood,die hartstog magtiger as die doderyk;dit brand en vlam soos vuur.

Hooglied 8